News

Geld spesiale reëls net vir sekere bevoorregtes?

'n Inwoner van Watermeyerstraat, Vanderbijlpark, vra dié vrae omdat 'n sekere "bevoorregte" huiseienaar skynbaar nie vir waterverbruik aangeslaan word nie:

Geld spesiale reëls net vir sekere bevoorregtes?
 
‘n Inwoner van Watermeyerstraat, Vanderbijlpark, vra dié vrae omdat ‘n sekere “bevoorregte” huiseienaar skynbaar nie vir waterverbruik aangeslaan word nie:
 
Ek wil graag aan persone wat kennis moet dra, die volgende rapporteer en vra dat die rede/antwoord op Vaalweekblad geplaas word. Ons bly in Watermeyerstraat, SE6, Vanderbijlpark, en merk nou al die laaste paar jaar dat die huisbewoner in no 25 se watermeter toegegroei is.
Onlangs hoor ek omstreeks 08:55 die oggend toevallig hoe klap ons en ons bure se watermeterdeksels toe. Ek roep toe die beampte wat die lesings met ‘n meter lees, en vra hom waarom nr 25 se meter nooit gelees word nie.
Nee, sê hy, no 25 is nie op sy lys nie. Ek sê hom toe dit word al vir jare nie gelees nie. Hy sê toe hy sal dit rapporteer sonder om ‘n aantekening daarvan te maak. Nou vra ek, is dit net sekere bevoorregtes wie se meters nie gelees word nie? Ek wil ook weet of hulle ooit vir water betaal? En hoeveel ander bevoorregtes is daar nie nóg nie?
 
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button