News

Renostergetalle groei ondanks stropery

230 renosters vanjaar aan stropers verloor.

Suid-Afrika het in die eerste agt maande van 2026 minder renosters aan stropers verloor as in dieselfde tydperk verlede jaar, maar 230 renosters is steeds gestroop.

Volgens die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DFFE) is 230 renosters van Januarie tot einde Augustus vanjaar gestroop, teenoor 248 in dieselfde tydperk in 2025. Dit is ’n afname van 18 renosters, oftewel 7,3%.

In die Krugerwildtuin is 114 renosters in die eerste agt maande vanjaar gestroop, teenoor 123 in dieselfde tydperk verlede jaar.

KwaZulu-Natal het die grootste afname aangeteken, van 67 renosters in 2025 tot 29 vanjaar. In ander provinsies het die syfers egter gestyg. Limpopo het van 28 tot 33 gestyg, Mpumalanga van drie tot 14, Noordwes van 14 tot 19 en die Vrystaat van agt tot 12.

Ten spyte van die stropery het Suid-Afrika se renosterbevolking toegeneem. Die minimum nasionale renosterbevolking is aan die einde van 2025 op 15 096 geraam. Dit sluit minstens 2 565 swartrenosters en 12 531 witrenosters in, ’n styging van 4,9% teenoor 2024.

Die DFFE sê die afname in stropery het saamgeval met onder meer onthoring, verbeterde beskermingsmaatreëls en voortgesette wetstoepassing. Die Krugerwildtuin het ook bykomende veldwagters en renostermonitors aangestel.

’n Tienjaar-Biodiversiteitsbestuursplan vir swart- en witrenosters is op 14 April 2026 gepubliseer. Die plan fokus onder meer op die groei en beveiliging van renosterbevolkings.

Die DFFE het ook verskeie suksesvolle vervolgings uitgelig. Sifiso Mbuyane is tot 28 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis nadat hy onder meer skuldig bevind is aan die dood van twee renosters. DNS- en ballistiese getuienis is in die saak gebruik.

Die saak teen Dawie Groenewald en Tielman Erasmus is op 6 Augustus in die Polokwane Hooggeregshof afgehandel. Groenewald het ingevolge ’n pleitooreenkoms skuldig gepleit in ’n saak wat onder meer oor renosterhoringhandel, rampokkery en geldwassery gehandel het.

Die DFFE sê die doelwit bly om renosterstropery verder te verminder en die langtermyn-herstel van die land se renosterbevolking te verster

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button