Local newsNewsNews

Vaal bederf met vyfnasie-aksie by Ultimate Outlaws – (kyk video)

VEREENIGING. – Dit is nie altyd dat die Vaal die geleentheid kry om motorsport in ‘n vyfnasie-toets te aanskou nie. Maar dit was Saterdag die geval by Ultimate Outlaws by die Vaal Skougronde.

Sowat 4 000 toeskouers het die pawiljoene vol gepak om bestuursvernuf uit die boonste rakke te geniet. Die vyf lande se jaers wat in die Sprintklas vir die opwinding gesorg het is: Suid-Afrika, die Verenigde State van Amerika (VSA), Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Die jaers het in twee toetse sake uitgespook. Die eerste toets was die vorige week in Richardsbaai en Saterdag hier in die Vaal. Aan die einde van Saterdagaand was dit die VSA se Jimmy McCune wat die vinnigste kwalifiseerder was, en ook as die “Champ of Champs-kompetisie” gekroon is. Dit het ook daartoe bygedra dat die VSA die reeks wen met 267 punte, SA in tweede plek met 234 en Australië derde met 230 punte. So tussen die aksie deur is toeskouers ook bederf met uitstaande bestuursvernuf deur “drifting” renjaers. (kyk video). Berig geborg deur Engen Arconpark.

 

Johan Coetzer in aksie in die Hotrodklas. Foto: Elsje Vermeulen

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button