NewsNews

Weermagveterane wil grafte skoonmaak om eer te betoon

VEREENIGING. - ’n Groep veterane van die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) wil hulde bring aan diegene wat tydens oorloë in diens van die land gesneuwel het, deur grafte skoon te maak.

Volgens Okkie Jooste, voorsitter van die SAWV in Vereeniging en Vanderbijlpark, het hulle tot dusver drie helde-akkers – een in Vanderbijlpark, ’n ander by die skougronde in Vereeniging en een by Jacobskop buite Vereeniging – geïdentifiseer wat hulle wil opknap.
Die SAWV beplan ook ’n herdenkingsdiens in Septembermaand waarheen talle naasbestaandes reeds uitgenooi is.
Okkie sê: “Ons probeer naasbestaandes in die hande kry deur middel van ’n databasis wat opgestel is tydens die oprig van die “Muur van Herinnering” by die Voortrekker Monument.

Okkie Jooste, voorsitter van die SAWV in Vereeniging en Vanderbijlpark by die begraafplaas by die skougronde in Vereeniging. Foto’s: Christiaan
Cloete

“Tot dusver kon ons heelwat mense opspoor, maar ons wil kyk of ons nog naasbestaandes kan opspoor deur die plasing van ’n koerantberig oor die aksie wat gaan plaasvind,” vertel hy.
Volgens Okkie is daar by die skougronde in Vereeniging grafte van talle soldate wat in die Boereoorlog, Bosoorlog en Tweede Wêreldoorlog gesneuwel het.
Hulle is nou op soek na familie van die oorledenes. “Intussen wil ons grafte gaan skoonmaak.
“Ons het reeds ’n lid aangestel wat na die onderhoud daar sal omsien,” vertel hy. Volgens Okkie sal daar op Saterdag, 14 Maart en 21 Maart begin word met die taak.
Op 14 Maart sal hulle die helde-akker in Vanderbijlpark skoonmaak en op 21 Maart die helde-akker by die skougronde in Vereeniging opknap.
Skakel Okkie by 071 478 8816 of stuur vir hom ’n e-pos indien jy van mense weet wat hul lewens in oorloë verloor het en in die Vaaldriehoek begrawe is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button