SportSport

Kok dis 264* nie uit nie op

Dit het grenshoue gereen.

VANDERBIJLPARK – Wat kry jy as jy 17 grenshoue en 19 sesse slaan…? Waarskynlik baie lekker! Dit is presies die sensasie wat Alex Kok van Meyerton Krieketklub se eerste krieketspan die naweek beleef het toe hy 264 nie uit nie teen Route 66 gemoker het.

Kok het slegs 112 balle benodig om die merkwaardige telling te bereik. Hy het teen ‘n treftempo 235.7 gekolf. Sy broer JP het ook by die lopiefeesmaal aangesit en 73 lopies van slegs 25 balle teen ‘n treftempo van 292.

Meyerton het 444/2 aangeteken in 35 beurte. Route 66 se lopiejaagtog het op 109/3 in die 18de beurt geeindig toe reen die wedstryd gestaak het. Die Tonner het met 105 lopies volgens die Duckworth Lewis-stelsel verloor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button