News

SAPD-vloot kry hupstoot van 1 087 nuwe voertuie

Daar word verwag dat die addisionele voertuie polisielede sal ondersteun in die hantering van klagtes en die uitvoering van ondersoeke.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se vermoë om misdaad te beveg en gemeenskappe te dien, het Vrydag ‘n aansienlike hupstoot gekry met die amptelike oorhandiging van 1 087 nuwe voertuie deur die Nasionale Polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola.

Die nuwe vloot, wat uit sedanmotors en dubbelkajuitbakkies bestaan, is soos volg verdeel:

739 voertuie aan Speurderdienste om ondersoeke te versnel;

290 voertuie aan die Sigbare Polisiering- en Bedryfsomgewing; en

58 voertuie wat by die hoofkantoor gehou word as ‘n reserwevloot vir spesiale intervensies.

Hierdie voertuie word ontplooi na 70 van die land se 140 geïdentifiseerde hoëmisdaad-polisiestasies, asook na 10111-noodoproepsentrums, die Blitspatrollie en Eenhede vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe (GKS).

Generaal Masemola het tydens die seremonie benadruk dat hierdie voertuie ‘n belegging is in polisielede, die publiek en die toekoms van polisiering in Suid-Afrika. 

Hy het egter gemaan dat hierdie belegging gepaard moet gaan met streng aanspreeklikheid, verantwoordelike hulpbronbestuur en ‘n onwrikbare verbintenis tot beter polisieringsuitkomste.

Die nuwe sedan motors is deel van die SAPD-vloot.

Die provinsiale verspreiding van die voertuie is soos volg:

Oos-Kaap – 163

Gauteng – 151

Mpumalanga – 147

KwaZulu-Natal – 135

Wes-Kaap – 113

Vrystaat – 103

Noordwes – 84

Limpopo – 79

Noord-Kaap – 54

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button