NewsNews

Country-ikoon Kenny Rogers oorlede

Die Amerikaanse country-musiek ikoon, Kenny Rogers (81),  is gister (20 Maart) by sy huis in Sandy Springs, Georgia aan natuurlike oorsake oorlede met sy geliefde family en hospice-werkers langs sy bed. 

Kenny was een van die min sangers wat met ‘n sangloopbaan wat oor 60 jaar gestrek het kon spog. Hy het in 2017 opgehou toer. Van die bekendse treffers sluit in The Gambler, Lucille en Lady. Maar dit was sy treffer in die 80’s saam met Dolly Parton, Islands in the stream, wat hom verder in die harte van Suid-Afrikaanse aanhangers laat kruip het.

Kenny was ‘n geliefde man wat vyf keer in die eg verbind was. Behalwe vir al sy getroue aanhangers laat hy onder meer sy huidige vrou, Wanda Miller (52) en hul identiese tweeling seuns (Jordan en Justin) agter. Hy is ook die pa van drie ander kinders: Carole (60), Kenny junior (55) en Christopher Cody (37).

Sy familie het bevestig dat hulle weens die Covid-19 pandemie, ‘n klein private diens sal hou, met ‘n publieke gedenkdiens op ‘n latetere stadium wanneer dit veilig is.

Kenny Rogers (August 21, 1938 – March 20, 2020).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button