NewsNews

Onderwys sal waarskynlik nooit weer dieselfde wees nie

Die tegnologie om skoolonderwys deur afstandsleer aan te bied, word reeds betreklik algemeen deur onafhanklike skole gebruik. Die tegnologie is dus beskikbaar en op beperkte skaal reeds getoets.

“Dit is van belang, nadat die minister van telekommunikasie en posdienste Stella Ndabeni-Abrahams, Dinsdag aangekondig het dat wanneer skole heropen, klasse oor televisie aangebied sal word. Sy het ouers aangemoedig om nogtans hul kinders te laat opstaan, skooldrag te laat aantrek en skoolwerk te doen,” sê  Dr. Wyand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Basiese onderwys.

Terselfdertyd gaan haar departement die geleentheid gebruik om migrasie na digitale televisie te bespoedig, veral in minder gegoede huishoudings met graad 9- en 12-leerders.

“Dit sal waardevol wees indien die departement van basiese onderwys, wanneer hierdie kanale aangewend word, private onderwysinstansies raadpleeg. President Cyril Ramaphosa verwys dikwels na die noodsaak tot maatskaplike samewerking, die sogenaamde social compact“.

“Eerder as om die lesse wat met digitale onderwys geleer moet word self te leer, kan opgeboude ervaring uit die private sektor aangewend word. Dit is ‘n goeie voorbeeld van die president se strewe.”

Hy sê voorts dat daar kan verwag word dat onderwys nooit weer dieselfde sal wees nie. Die tegnologie vir ‘n grondig hersiene model van onderrig bestaan reeds jare. Waardevolle onderrig is ook in dié verband opgebou. Die huidige krisis kan as kantelpunt dien om hierdie praktyke na die hoofstroom van onderwys te dwing.

Baie sal afhang van die vraag of openbare onderwys bereid is om van onafhanklike onderwys te leer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button