NewsNews

Samaritaan help SAPD met bande om Korona-virus te beveg

Ettienne van Rensburg VANDERBIJLPARK. – ‘n Vriend in nood is ‘n ware vriend. In onsekere tye soos hierdie is onbaatsugtige opofferings soos dié van Victor Daniel, die eienaar van Vaal Mall Tyres, ‘n bewys dat die Vaaldriehoek se sakelui en gemeenskap sterker anderkant gaan uitkom. Daniel het Sondag, 29 Maart sy besigheid se deure geopen …

Ettienne van Rensburg

VANDERBIJLPARK. – ‘n Vriend in nood is ‘n ware vriend. In onsekere tye soos hierdie is onbaatsugtige opofferings soos dié van Victor Daniel, die eienaar van Vaal Mall Tyres, ‘n bewys dat die Vaaldriehoek se sakelui en gemeenskap sterker anderkant gaan uitkom.

Daniel het Sondag, 29 Maart sy besigheid se deure geopen en eiehandig twee bande op ‘n Suid-Afrikaanse Polisiediens voertuig gesit. Hy het voorts 18 bande aan die SAPD Barage/Vanderbijlpark/Vereeniging geskenk en sal 30 Maart oop wees om die bande op die SAPD se voertuie te sit.

*Golden Triangle Chamber of Commerce is hard agter die skerms besig om die SAPD en die Suid-Afrikaanse Weermagdiens in dié krisestyd te ondersteun.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button