NewsNews

SA Covid-19 lyers nou 1 280, met tweede sterfte

Suid-Afrika se nuuste getal Covid-19 gevalle is 1 280 (die vorige aantal was 1 187) waarvan 7 baie ernstig is. Die virus het intussen nog 'n pasiënt van KwaZulu-Natal se lewe geëis wat die SA sterftes op twee te staan bring. Tot op hede het 31 mense herstel. Daar is nog 1 247 aktiewe gevalle. (Hierdie syfers mag deur die loop van die dag verander).

Gevalle in die provinsie:

Gauteng – 584

Wes-Kaap – 310 (een sterfte)

KwaZulu-Natal – 167 (een sterfte)

Vrystaat – 72

Limpopo – 12

Oos-Kaap – 12

Mpumalanga – 11

Noordwes – 6

Noord-Kaap – 6

Onbepaalde afkoms – 100

Daar is tans regoor die wêreld 723 124  gevalle, wat 33 986 sterftes insluit en 151 798 wat herstel het. Hierdie syfes sal binnekort meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Altesaam 199 gaan gebuk onder die virus.

Covid-19 getalle regoor die wêreld (getalle kan deur die loop van die dag verander):

Die VSA is tans die meeste Covid-19 gevalle – 142 637 (vorige getal was 123 776)  wat 2 485 sterftes insluit en 4 559 wat herstel het. Daar is nog 135 593 aktiewe gevalle.

In Italië is daar  97 689 gevalle (vorige getal 92 472), wat 10 779 sterftes insluit en 13 030 wat herstel het. Daar is nog 73 880 aktiewe gevalle.

In China is daar tans 81 470 gevalle (vorige getal 81 439),  wat 3 304 sterftes insluit en 75 700 wat herstel het. Daar is tans nog 2 466 aktiewe gevalle.

In Spanje is daar nou 80 110 (vorige getal 73 235), wat 6 803 sterftes insluit en 14 709 wat herstel het. Daar is tans nog 58 598 aktiewe gevalle.

In Duitsland is daar nou 62 435  (vorige getal 57 695), wat 541 sterftes insluit en 9 211 wat hestel het. Daar is nog 52 683 aktiewe gevalle.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button