NewsNews

Koronavirus: Oud Bijler en Springbokkaptein toets positief

Dr. Divan Serfontein en van sy Springbokspanmaats van 1981 het positief vir Covid-19 getoets.

Volgens News24 het Serfontein, en ander oud-Springbokke almal dieselfde gholfdag bygewoon in Jan Kempdorp. Danie Gerber, Burger Geldenhuys, Colin Beck en Robbie Blair het ook reeds positief getoets.Divan het aan die Hoërskool Vanderbijlpark gematrikuleer voordat hy medies aan die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer het. Hy het as skrumhalf kookwater rugby gespeel eers vir die WP en tussen 1980 en 1984 vir die Springbokke. In 1984 het hy die 39ste Springbokkaptein geword toe hy die Springbokke in twee toetse teen ‘n span van Suid-Amerika aangevoer het.Ons bid hul almal ‘n spoedige herstel toe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button