NewsNews

Naspers skenk R1.5mjd vir SA se stryd teen Covid-19

Naspers het hom verbind tot noodlenigingshulp van R1.5mjd vir die Suid-Afrikaanse regering se stryd teen die Covid-19-krisis. 

Die groep gaan R500m bydra tot die Solidarity Response Fund wat Pres Ramaphosa verlede week aangekondig het. Hierbenewens gaan Naspers ook persoonlike beskermingstoerusting en ander mediese voorrade ter waarde van R1mjd in China aankoop – in vennootskap met die Chinese regering en Tencent. Dit is bestem vir Suid-Afrikaanse gesondheidswerkers en sal so gou moontlik na Suid-Afrika gevlieg word.

“Deur samewerking met die regering en die burgerlike gemeenskap wil ons ons land help om hierdie baie moeilike tydperk te bowe te kom. Ons hoop hierdie kombinasie van hulp sal ‘n verskil maak in Suid-Afrika se hantering van Covid-19,” sê die uitvoerende hoof van Naspers in Suid-Afrika, Phuthi Mahanyele-Dabengwa.

Bob van Dijk, uitvoerende hoof van die Naspers-groep, sê: “Ons besef terdeë dat hierdie baie moeilike tye is wat dramatiese optrede vereis en Naspers maak ‘n bydrae tot die maatreëls wat reeds in Suid-Afrika gebeur. Ons innige dank aan die Chinese regering en ons vennoot Tencent vir hul solidariteit. Sodra ons kan, sal ons meer inligting bekend maak.”

Die besonderhede van die persoonlike beskermingstoerusting en ander mediese voorrade word nog gefinaliseer in samewerking met plaaslike owerhede in Suid-Afrika, vennote en verskaffingsnetwerke in China.

Bob van Dijk, uitvoerende hoof van die Naspers-groep.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button