VANDERBIJLPARK. - Dit is nou een week later nadat die 21-dae nasionale inperking van toepassing is. Die meeste winkels in die middedorp is toe, maar daar is nog baie mense wat in die dorp rondloop. Boonop lyk die strate gehawend.
Gemors lê oral gestrooi in middedorp. Foto: Elsje Vermeulen
Hoewel daar op sekere plekke in die dorp skoonmakers besig was om te probeer opruim, het die verlate strate die vervalle en vuil toestand van die dorp behoorlik beklemtoon. Oral lê gemors rond en onkruit floreer!
Kom ons hoop dat daar wel aandag aan hierdie probleem gegee sal word. Vaalweekblad sal binnekort weer deur die dorp ry om te kyk of die vullis opgeruim of meer word.
Vanderbijlpark: nie heeltemal verlate soos wat dit moet wees nie, maar baie vervalle. Foto: Elsje VermeulenDaar is nog heelwat mense in die dorp. Party wag in rye by winkels/apteke terwyl ander rondsit. Foto: Elsje VermeulenDie meeste winkels in Vanderbijlpark is gesluit, maar daar is steeds baie lewe in die dorp. Foto: Elsje VermeulenIn een van die systrate net buite die middedorp. Foto: Elsje Vermeulen
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za