NewsNews

VF Plus se leier toets negatief

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, is negatief getoets vir die koronavirus. Dr. Groenewald is gister getoets en het die uitslag vandag ontvang.

Die toets is onder meer laat doen nadat dr. Groenewald op 18 Maart op ʼn vergadering van politieke leiers in kontak was met eerwaarde Kenneth Meshoe van die ACDP. Eerw. Meshoe het intussen positief getoets vir die virus.

Dr. Groenewald het op mediese aanbeveling eers sowat twee weke gewag voordat die toets gedoen is om sodoende ʼn meer akkurate en geloofwaardige toetsuitslag te kry.

Volgens dr. Groenewald is hy dankbaar oor die negatiewe uitslag en hy doen opnuut ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om erns te maak met die siekte, om voorgeskrewe regulasies na te kom, om die inperkingstydperk te eerbiedig en om alle voorsorgmaatreëls moontlik te tref om hulself teen die virus te beskerm.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button