NewsNews

Pura Vida – pure sielskos

Sit hierdie album sommer dadelik op herhaal, want André Swiegers se Pura Vida vra om oor en oor geluister te word.

Elke liedjie gaan lê rustig op die oor, maar broei in die hart. Sy vertolking van Peter Sarstedt se Where do you go to my lovely, maak ‘n verlange los na mense en plekke wat lankal verdwyn het.

Dan is daar die hartboodskappe uit sy eie pen van Ghost Train tot by Liberty, Bella-Lisa en Imaginative Freedom. Dis ‘n mengsel van Engels en Afrikaans, nuwe liedjies en ou gunstelinge soos Eva en Bessie wat jou meevoer en vir ‘n wyle toelaat dat jou hart jou verstand oorheers. Elk lied verklap ‘n stukkie van die sanger se menswees. Pura Vida beteken ‘n lewe van eenvoud en dit is die boodskap wat André Swiegers met sy nuwe CD wil deurgee.

Om na hierdie musiek op ‘n drafstap te luister gaan nie werk nie. Maak tyd om te ontspan en druk dan play… Drink die musiek in. Hoor die woorde met jou hart. Pura Vida is pure sielskos. Die album is in Februarie bekendgestel en is aanlyn beskikbaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button