NewsNews

Hokkie-hoogtepunt om na uit te sien

Weens die Covid-19 pandemie regoor die wêreld is die vreugde en passie vir sport huidiglik in 'n blik gedruk. Maar daar is beslis iets vir sportgeesdriftiges om na uit te sien.

Die Internasionale Federasie van Hokkie (FIH) het die Noordwes-Universiteit aangewys om die 2021 Junior Vrouehokkie Wêreldbeker aan te bied. Hoewel daar nog geen datums bevestig is nie, is dit ʼn reuse wen vir die universiteit en natuurlik Potchefstroom.

Die Junior Vrouehokkie Wêreldbeker is die eerste keer in 1989 gehou. Daar word gehoop en vertrou dat die Covid-19 virus teen daardie iets van die verlede sal wees. Dit sal dan die negende toernooi wees en spelers van 16 lande sal in aksie wees.

Dié voortuitsig is te danke aan NWU se Direkteur Sport, Sheldon Rostron en sy span. “Ons het verlede jaar vroeg in Februarie die FIH besoek om uit te vind wat dit sal behels om ʼn internasionale hokkietoernooi aan te bied. Hierdie toernooi is die ideale geleentheid om te wys waarom ons ‘n internasionale senior-hokkietoernooi sal kan aanbied.

“Ons hegte samewerking met Potchefstroom se stadsraad en Noordwes-provinsie is ook uitstekend en het bygedra om die toernooi vir ons te verseker,” sê Rostron.

“Hopelik sal die NWU se Astro-bane ‘n gelukkige jagveld vir nasionale afrigter Lenise Marais en haar span wees,” sluit Rostron af.

  • Geen Afrika-span het al voorheen daarin geslaag om die toernooi te wen nie. Die voordeel van tuisondersteuning kan moontlik die keer in SA se guns tel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button