NewsNewsBreaking News

Daar moet nog besluit word oor verlenging van landwye inperking. – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê daar moet nog besluit word of die landwye inperking verleng sal word of nie. Die president het Dinsdag tydens ’n besoek aan Rand Water se beheersentrum in Johannesburg gesê die doeltreffendheid van die staat van inperking word tans beoordeel. Ramaphosa sê hoewel meeste Suid-Afrikaners hul samewerking gee en regulasies rondom die …

President Cyril Ramaphosa sê daar moet nog besluit word of die landwye inperking verleng sal word of nie.

Die president het Dinsdag tydens ’n besoek aan Rand Water se beheersentrum in Johannesburg gesê die doeltreffendheid van die staat van inperking word tans beoordeel.

Ramaphosa sê hoewel meeste Suid-Afrikaners hul samewerking gee en regulasies rondom die 21-dag-lange nasionale inperking gehoorsaam en hul samewerking gee, daar wel hier en daar mense is wat nie gehoor gee nie en aangaan met hul daaglikse bestaan asof daar geen koronavirus is nie.

Ramaphosa het benadruk dat die koronavirus ‘n ernstige siekte is en dit mense regoor die wêreld affekteer. Hy het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die staat van inperking ernstig op te neem.

*Daar was teen Dinsdagaand 1749 bevestigde gevalle van COVID-19 in Suid-Afrika met die 13 mense wat reeds weens die virus gesterf het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button