NewsNewsBreaking News

Boer skenk 30 ton aartappels

MEYERTON. – ’n Barmhartige plaasboer van die Midvaal-omgewing het meer as 30 ton aartappels geskenk vir verspreiding aan behoeftige mense in die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit gedurende die landywe staat van inperking. Volgens rdl. Hennie Oosthuysen, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste, het die boer gevra om anoniem te bly. Volgens Oosthuysen word daar saam met  nie-regeringsorganisasies en raadslede …

MEYERTON. – ’n Barmhartige plaasboer van die Midvaal-omgewing het meer as 30 ton aartappels geskenk vir verspreiding aan behoeftige mense in die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit gedurende die landywe staat van inperking.

Volgens rdl. Hennie Oosthuysen, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste, het die boer gevra om anoniem te bly.

Volgens Oosthuysen word daar saam met  nie-regeringsorganisasies en raadslede van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit gewerk om te identifiseer waar daar ’n behoefte in die gemeenskap bestaan.

Van die aartappels is reeds in sakkies verpak en uitgedeel.

Volgens Oosthuysen is daar tans ‘n groot behoefte in die gemeenskap. “Jou hart breek as jy sien wat hier aangaan,” sê hy.

Mense wat wil help om verligting te bied aan armes word versoek om met Oosthuyen in verbinding te tree by hennieo@midvaal.gov.za

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button