NewsNews

Sakekamer deel kos uit, vra samewerking

Die nasionale inperkingstyd is ‘n uitdagende tydperk vir almal met baie mense wie se inkomstes gesny is of geheel opgedroog het. Die winter is op hande en die mense het nie kos nie.

Kospakkies gereed om in die gemeenskap versprei te word

Die Goue Driehoek Sakekamer (GTCoC) het besluit om in te gryp en nog meer behoeftige gesinne van kos te voorsien.

Die bestuur het derhalwe verlede week begin om geld in te samel en kospakkies te versprei. Op Dinsdag, 7 April alleen is meer as 2000 mense kos gegee. Die getal het deur die loop van die week meer as verdubbel. Hulle probeer so ver as moontlik week-pakkies uitdeel. Jaco Verwey het in ‘n telefoniese onderhoud gesê hul hele bestuurspan is betrokke asook baie van die Vaal se groot supermarkte, sentrums, sakelui en boere. Hulle ontvang skenkings of kan groot maat teen afslag koop. Die Rooikruis het voertuie beskikbaar gestel waarmee die aflewerings gedoen kan word en die Rotary Klubs help ook.

Trollies vol kos is in weekpakkies opgemaak en onder behoeftiges versprei

 

Boere en ondernemings het kos geskenk wat opgedeel en verpak moes word

Die GTCoC wil soveel as moontlik mense vir so lank as moontlik help.  Enige hulp van kleiner en medium besighede en individue sal waardeer word.  Kleiner besighede kan ‘n klein bydra per maand of twee-weekliks maak en in ruil sal die sakekamer dan ook aan hul behoeftige werknemers kospakkies voorsien.

Alhoewel die nood baie groot is, kan elkeen nie nou die strate invaar om kos uit te deel nie. Die Sakekamer probeer dus om ‘n goed georganiseerde projek aan die gang te hou en het die nodige permitte om  rond te mag beweeg. Daar is mag in getalle en hoe meer mense saamwerk en die projek ondersteun, hoe meer mense kan deur die moeilike tyd ghelp word.

Indien jy wil betrokke raak, hetsy as individu of deur jou besigheid, stuur asseblief ‘n whatsapp aan Sandy by 071 623 9608 of e-pos admin@gtcoc.co.za. Hulle sal die nodige reëlings en besonderhede vir jou stuur. 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button