NewsNews

Maskers… Onder die ken werk nie!

Dit is kommerwekkend hoe baie mense dra hul maskers verkeerd. Selfs op foto’s waar organisasies kospakkies uitdeel, is van die uitdelers se maskers hier êrens onder hul kenne.

Dit is ook algemeen om te sien dat mense se monde toe is, maar hul neuse steek uit. Boonop is van die maskers ook maar erg vuil…

LEES OOK 25 April: SA se Covid-19 gevalle verby 4 000 kerf

Prof. Marc Mendelson, hoof van oordragbare siektes by die Groote Schuur Hospitaal, Universiteit van Kaapstad (UCT) sê as mens nie ‘n masker reg hanteer en dra nie, kan dit jou risiko om die Koronavirus te kry verhoog. Hy het ‘n video saamgestel waar hy breedvoerig verduidelik waarvan ‘n materiaal masker gemaak moet word, hoe dit gedra moet word en wat nie gedoen moet word nie.

LEES OOK Vuil Vanderbijl lyk nou baie skoner!

Kyk en neem asseblief sy boodskap ter harte. Jy kan jouself en ander se lewens so red.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button