Local newsNews

Stian laat ‘n krieketkolf en bal sing

Onthou die naam... Stian Janeke. Hy is nou eers in graad 6, maar sy kriekettalent gaan hom nog ver vat.

VANDERBIJPARK – Daar is mense wat van nature weet hoe om ʼn bal te gooi, te slaan en te vang. Stian Janeke ʼn graad 6-leerder aan die Laerskool DF Malherbe is een van hulle.

Die jongman skitter in bofbal en in krieket. Krieket is egter sy eerste liefde en grootste passie. Hy was maar vyf jaar oud toe het hy al saam met sy pa en broer begin krieket speel. In graad 2 het hy mini-krieket begin speel en in graad 3 is hy in die o11 B-span opgeneem.

Stian Janeke nadat hy 121 van 69 balle geslaan het. Foto: Laerskool DF Malherbe/Facebook

Daarna was daar aan hom geen einde nie. Die krieketgogga het gebyt en twee jaar gelede het hy nie net vir die o11 A-span gespeel nie, maar was hy ook deel van die Sedibeng-uitnodigingspan.

“Ek het verlede jaar op my eerste kriekettoer gegaan en ook my eerste 50-tal aangeteken,” vertel hy. Hierdie jaar het hy nie net sy skool verteenwoordig nie, maar was ook deel van die o12-South Area span. Vir die span het hy 121 lopies aangeteken van 69 balle en twee vangskote benut. Hy was ook speler van die wedstryd.

Dan speel hy ook in die IPL vir die Queensland Griffons, in die SPL vir die Stags en klub krieket vir Old Vaaltonians.

Vra hom wie is sy kriekethelde en hy rits amper die hele Proteaspan se name af, van Quinton de Kock en Aiden Markram tot by David Miller en Ryan Rickleton. “Het ek gesê Heinrich Claassen?” maak hy seker die hele lys is daar.

Stian sê hy is ʼn all-rounder wat dit ewe veel geniet om te kolf en te boul. Sy tweede gunstelingsport is rugby. Hy speel losskakel (“dis nommer 10, tannie”) en sy grootste held is Springbok losskakel Handré Pollard. “Ek speel ook sou nou en dan gholf, maar dis net vir die fun,” verklaar hy plegtig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button