NewsNews

Salon… Ja vir honde. Nee vir mense

Dis Antjie. Sy het vandag 'n draai by 'n hondesalon in Vereeniging gaan maak. Dit was nodig. Sy het erg verwaarloos begin lyk.

Ek het haar Trensie begin noem. Ek mag, is my hond. Die hondesalon het die week oopgemaak nadat hul ‘n permit gekry het en die nodige voorsorgmaatreëls in plek gestel het.
Nou moet ek bieg, ek is jaloers op my hond. My kuif hang in my oë en die hare om my ore bly vasknyp in die masker se rekkies. Dit trek! Probleem is, ek mag nog nie salon toe gaan nie. Ek het my arme haarkapper in Februarie laas gesien. Nou wonder ek, as ek myself as ‘n St. Bernard vermom, sal hulle dalk my  kuif vir my by die hondesalon sny?
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button