Local newsNewsNews

25 Mei: Sedibeng Covid-19 gevalle styg na 49

Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het nou 49 geregistreerde Covid-19 gevalle, maar daar het intussen 21 van die pasiënte herstel. Dus is daar in totaal steeds 28 aktiewe gevalle. Lesers moet asb. kennis neem dat nie alle pasiënte noodwendig in hospitale opgeneem word vir behandeling nie.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 33 (waarvan 14 herstel het), Midvaal 9 (waarvan 4 herstel het) en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 6 waarvan 3 herstel het. Daar is ook 1 geval wat nog nie aan een van die streke toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.

Daar is in totaal  reeds 2 773 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 1 899 herstel het en 29 gesterf het. Daar is dus nog 874 aktiewe gevalle. ‘n Totaal van 103 pasiënte wat ernstige simptome ondervind is in staats- en privaat-hospitale opgeneem.

Die streke in Gauteng sien so daaruit:

Johannesburg – 1 385 (1 108 herstel) = 277 aktiewe gevalle

Ekurhuleni – 606 (452 herstel) = 154 aktiewe gevalle

Tshwane – 384 (271 herstel) = 113 aktiewe gevalle

Wes Rand – 111 (47 herstel) = 64 aktiewe gevalle

Sedibeng – 49 (21 herstel) = 28 aktiewe gevalle

Nie toegeken aan spesifieke streek – 238

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button