Veertien o.17-spanne van agt Suid-Afrikaanse provinsies, asook ’n span van Namibië, neem op Vrydag 2 en Saterdag 3 Oktober by die Heidelberg Volkskool aan die SASRA 7’s o17 Provinsiale Toernooi deel.
Die 14 spanne is in vier groepe verdeel. SWD, Limpopo, Sharks en Valke Invitational vorm Groep A. Griffons, Pumas en Valke is in Groep B, terwyl Goue Leeus, Namibië, Vrystaat en Luiperds in Groep C speel. Groep D bestaan uit die Blou Bulle, Griekwas en Oostelike provinsie.
Die eerste wedstryde begin Vrydagoggend om 09:00, waarna die spanne oor twee dae om die Interprovinsiale sewes-titel meeding.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!