NewsNews

Covid-19 statistiek: Indië nou ook onder Top 10 ergste lande

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle staan reeds op 5 532 121 gevalle (gister was dit 5 407 414). Tot dusver het die virus reeds 347 249 lewens geëis (gister was dit 344 025) en 2 319 216 pasiënte het gelukkig herstel (gister was die aantal 2 248 363). Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander wanneer al die lande hul nuuste statistieke aan die World Health Organization deurgee.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (SA is tans 32ste op die lys)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 689 581 (vorige aantal 1 666 828) en 99 381 sterftes (vorige aantal was 98 683). ‘n Totaal van 451 75 het tot dusver van die virus herstel.
  • Brasilië is steeds die wêreld virus “hot spot” met 365 213 gevalle (vorige aantal 349 113) en 22 746 sterftes.
  • Rusland – 353 427 gevalle (vorige aantal 335 882) en 3 633 sterftes.
  • Spanje – 282 852 gevalle (vorige aantal was 282 370) en 28 752 sterftes.
  • Die Verenigde Koninkryk – 259 559 gevalle (vorige aantal 257 154) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 36 793.
  • Italië – 229 858 gevalle (vorige aantal 229 327) en die derde hoogste sterftesyfer van 32 785.
  • Frankryk – 182 584 gevalle (vorige aantal 182 469) en 28 367 sterftes.
  • Duitsland – 180 505 gevalle (vorige aantal 179 986) en 8 382 sterftes.
  • Turkye – 156 827 gevalle (vorige aantal 155 686) en 4 340 sterftes.
  • Indië het by Iran verby geskuif – 141 228 gevalle en 4 057 sterftes.
  • (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 82 985 gevalle (vorige aantal 82 974) en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer op 4 634. Daar is glo nog net 83 aktiewe gevalle in die land).
  • (Inligting bron: Covid Information Center)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button