SportSport

Top 30 bars uit sy nate

Hrrotse byeenkoms in jare op die DP de Villiers-stadion.

SASOLBURG – Sowat 2 750 atlete van 77 skole van regoor die land het verlede week aan die NWU Wildeklawer Top 30 byeenkoms op die DP de Villiers-stadion deelgeneem.

Die skole het op ‘n krag teen krag basis teen mekaar meegeding.

Die atletiekreus van anderkant die Jukskeirivier die HS Menlopark het die A-afrdeling waarin die makroskole deelneem, gewen met Curro Hazeldean kort op sy hakke.

Die HS Transvlia van Vanderbijlpark wat verlede jaar die B-afdeling gewen het, het 12 de in die A-afdeling geeindig gevolg deur die HS Dr. Malan in die 14de plek.

Die B-afdeling is die HS Secunda gewen gewen deur HS Driehoek in die tweede plek. Die C-afdeling is deur Napso gewen. Transvalia spog voorts met 22 atlete wat meer as 800 tabelpunte verdien het.

Die Valia-hamergooiers Lijane Janse van Rnesburg (1 000 punte) en Amorey Katz (944 punte) het met eerste goue medaljes weggestap.

Kahts het die rekord wat sedert 2017 staan met ’n indrukwekkende poging van 52,79 meter verbeter. Die vorige rekord van 52,32m is deur Petisang Makhethe in 2017 opgestel het, verbeter.

Wat die res van Valia se medalje-oes betref, het hulle ses silwer- en twee bronsmedaljes ingepalm. Die HS Dr. Malan van Meyerton het ook ‘n goeie medaljeoes geniet. Die Dokies het drie silwer-, vier bronsmedaljes en een goue medalje verower.

Verspring-aksie tydens die Top 30-byeenkoms. Foto: Ettienne van Rensburg

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button