Local newsNewsNews

26 Mei: Sedibeng het tans 52 Covid-19 gevalle

Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het nou 52 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 21 van die pasiënte gelukkig reeds herstel het. Dus is daar in totaal steeds 31 aktiewe gevalle. Lesers moet asb. kennis neem dat nie alle pasiënte noodwendig in hospitale opgeneem word vir behandeling nie.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 34 (waarvan 14 herstel het), Midvaal 9 (waarvan 4 herstel het) en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 7 waarvan 3 herstel het. Daar is ook 2 gevalle wat nog nie aan een van die streke toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter spesifieke dorpe die pasiënte is nie.

Daar is in totaal  reeds 2 993 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 1 919 herstel het en 30 gesterf het. Daar is dus nog 1 074 aktiewe gevalle. ‘n Totaal van 113 pasiënte wat ernstige simptome ondervind is in staats- en privaat-hospitale opgeneem.

Die streke in Gauteng sien so daaruit:

Johannesburg – 1 453 (1 111 herstel) = 342 aktiewe gevalle

Ekurhuleni – 639 (466 herstel) = 140 aktiewe gevalle

Tshwane – 399 (272 herstel) = 127 aktiewe gevalle

Wes Rand – 282 (49 herstel) = 233 aktiewe gevalle

Sedibeng – 52 (21 herstel) = 31 aktiewe gevalle

Nie toegeken aan spesifieke streek – 168

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button