Benut die grendeltyd en orden jou mooi herinneringe
Hier's 'n blink plan om alles wat vir jou sentimentele waarde het, mooi te bewaar
Is jy ook een van daardie soort mense wat alles bewaar totdat jou huis een mallemoes van stukkies en brokkies en goedjies en gemorsies is? En tog het elke item soveel nostalgiese waarde vir jou dat jy dit nie kan weggooi nie?
Dink maar aan jou baba (nou 21) se eerste fopspeen, babaskoentjies of dooppakkie? Daardie eerste (lankal leë) botteltjie parfuum, armbandjie en oorbelle wat jy in standerd nege by jou skoolkys (nou jou man) gekry het? Jou oorlede ma se bril, Bybel of kostuumjuwele wat niemand meer gebruik nie, maar wat onvervangbare sentimentele waarde vir jou het?
Benut die grendeltyd en sorteer jou kosbare gemorsies uit. Of dit nou ‘n sertifikaat, medaljes, ‘n boks vol van jou man se kleinseuntjie-karretjieversameling is, of jou dogter se afgesnyde poniestert wat reeds 20 jaar in jou kas lê, jy kan dit alles netjies laat raam en orde in jou deurmekaar kaste bring!
Gesels gerus met Presilla van P.A. Framing & Art Boutique Gallery in Vanderbijlpark. Sy en haar span raam nie net julle kreatiewe ouens se skilderye nie, maar basies enigiets wat vir jou waarde het.
Spieëlrame, legkaartrame, “canvas”-rame, “floating” op glas en boksrame is alles kinderspeletjies vir P.A. Framing. Laat Presilla en haar span jou kosbaarhede omskep in kunstige collages wat jy met trots in jou huis kan hang en vir die nageslag kan bewaar.
Skakel Presilla by 083 790 9777 of soek na Presilla de Swardt op Facebook. PA Framing is in die Julies Glass Gebou in Vondelstraat 5, Vanderbijlpark.
* Die NWU en ander universiteite het onlangs bekendgemaak dat hul gradeplegtighede weens die inperking nie gaan plaasvind nie. Sertifikate gaan dus binnekort aan afgestudeerdes versend word. Voordat jy joune of jou kind s’n in ‘n kas wegpak en daarvan vergeet, laat dit raam! Kry sommer vandag nog ‘n kwotasie by Presilla.