Local newsNewsNews

Lockdown-foto’s: ‘n Feesmaal vir die oog

Vandag word daar weer eens met die komplimente van die "lockdown-fotograwe" 'n feesmaal vir die oog opgedis. Geniet die pragfoto's!

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Aksie tydens die springkaan-jag-episode wat Dricky Gouws van Vanderbijlpark vasgevang het.
Anita Bester van Kempton Park het die mooi foto geneem.
Rozan Koen van Vaalpark het die mooi monochroom foto van haar seuntjie Henlo (1 jaar en 6 maande) geneem.
Anet Lingenvelder van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
Die pragtige herfsblare het Ria Viljoen van Garsfontein se oog gevang en sy het die mooi toneel vasgevang.
Albertus Kriel van Vereeniging het die besondere straattoneel in Vanderbijlpark afgeneem.
Hazel Vincent van Umtintweni het die besondere Orchid Mantis in haar tuin afgeneem.
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die pragtige makro foto geneem.
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die kleurvolle kunsfoto ingestuur.
Eileen Pretrorius van Alberton het die mooi monochroom verwerking ingestuur.
Madré Fourie van Vanderbijlpark het die pragtige kunsfoto ingestuur. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
Nicolene Swart van Vanderbijlpark het ook ‘n mooi monochroom foto verskaf. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra veskoning).
Flip Janse van Rensburg van Sasolburg het die pragtige sonsondergang aan die begin van Maart afgeneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige makro foto geneem.
Bennie Henning van Germiston het die mooi foto geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het ook ‘n mooi sonsondergang foto geneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het hierdie mooi natuurfoto geneem.
Karin Cronjé van Standerton het ‘n fyn oog. Sy het die spinnerak tussen die gras raakgesien en die interessante foto is die uiteinde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button