Local newsNewsNews

27 Mei: Sedibeng Covid-19 gevalle op na 64

Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het nou 64 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 21 van die pasiënte gelukkig reeds herstel het. Dus is daar in totaal steeds 43 aktiewe gevalle. Lesers moet asb. kennis neem dat nie alle pasiënte noodwendig in hospitale opgeneem word vir behandeling nie.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 36 (waarvan 14 herstel het), Midvaal 9 (waarvan 4 herstel het) en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 8 waarvan 3 herstel het. Daar is ook 11 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.

Daar is in totaal  reeds 3 043 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 1 955 herstel het en 31 gesterf het. Daar is dus nog 1 088 aktiewe gevalle. ‘n Totaal van 121 pasiënte wat ernstige simptome ondervind is in staats- en privaat-hospitale opgeneem.

Die streke in Gauteng sien so daaruit:

Johannesburg – 1 467 (1 125 herstel) = 342 aktiewe gevalle

Ekurhuleni – 642 (474 herstel) = 168 aktiewe gevalle

Tshwane – 412 (278 herstel) = 134 aktiewe gevalle

Wes Rand – 286 (57 herstel) = 229 aktiewe gevalle

Sedibeng – 64 (21 herstel) = 31 aktiewe gevalle

Nie toegeken aan spesifieke streek – 172

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button