Gesin bedank almal vir bystand na huis afbrand
Twee weke terug het die ondenkbare met ons gebeur. Wat vir ons net nog 'n gewone lockdown Dinsdag was, het opgeëindig in 'n nagmerrie wat ons lewens verewig beïnvloed het. Jy hoor so nou en dan van huise wat afbrand, maar kan jouself nooit werklik indink wat die inwoners moet deurmaak nie. Wel, om jou 'n idee te gee ... ek sal dit nie eers op my grootste vyand toewens nie. Om so vinnig jare en jare se opbou van jou lewe en alles wat vir jou priceless is te verloor, is 'n seer wat net met tyd, liefde, gebed en God se genade herstel kan word. - so vertel Chantel Nelson van Vereeniging.
‘n Baie swaar las is wel van ons skouers afgeneem. Die vraag van blyplek, klere, eet, slaap en weer normaal lewe is deur ‘n wonderwerk beantwoord. In ons bestaan sou ons nooit kon dink dat daar nog so bie mense met goeie harte is nie. Amazing mense wat uit hul pad gegaan het om ons, as gesin, deur die moeilikste tydperk van ons lewens te help en ondersteun. Elke een is sowaar deur God gestuur en het soos engele hulle oor ons ontferm en ons toegevou in hul vlerke.
Op 12 Mei 2020 omstreeks 16:00 het vreemdelinge hul na ons gehaas en alles in hul vermoë gedoen om tot ons redding te kom. Baie se name het ons ongelukkig ontgaan, maar ons wil graag vir die man van VR Security baie, baie dankie sê. Sonder jou sou ons nie die brandweer daar kon kry nie en sou ons motors ook tot niet gebrand het. Baie dankie aan almal wat baadjies, koffie, koeldrank en komberse aangedra het of sommer net met ons gesels en bemoedig het. Dankie Nicky wat my onder andere gehelp het met die kinders en tot die einde gebly het. Dankie aan Riekie, Bianca van Zyl, Michaela White, Alida, Nadine, Johan en al die ander wonderlike mense vir alles waarmee hulle gehelp en ondersteun het.
Vreeslik baie dankie aan almal wat aan ons diere gedink het. Dankie vir die hondekos, katkos, katsand en duifkos. Dankie ook vir die skenking van die 2 groot hondebeddens.
Baie dankie aan die bestuurder van die Tow-truck wat gehelp het om die Golf en Mini vir veiligheid weg te sleep.
‘n Groot dankie aan Theo van Tudor Guest House wat sy deure vir ons oopgemaak het en verblyf en etes aan ons verskaf het. Dit word opreg waardeer.
‘n Hartlike groot dankie aan Henriette Marx van Red Pepper Kids NPC en haar hele span vir ALLES wat julle vir ons gedoen het. Ons het nie die woorde om te beskryf hoe dankbaar ons is vir die verskil wat julle in ons moeilike situasie gemaak het nie. @Francois van Zyl, Susan Vermaak, @Willien Smith, @Tonette van Greune, Adri Visser-Haarhoff, Thea Wagner-Purcell, @Charlie Grobler en al die mans en julle kinders wat jul eie tyd opgeoffer het en so hard gewerk het om alles mooi en perfek reg te kry vir ons. Baie BAIE dankie aan elke lid van die gemeenskap vir die donasies en skenkings aan Red Pepper Kids, julle het hierdie fantastiese dade moontlik gemaak.
Dankie ook aan At my table vir die heerlike etes, pizza en sjokolade koek. Dankie @Creative Talents Vereeniging vir die pragtige fotos wat ons dadelik opgemerk het.
Uit baie dankbare harte uit: ‘n Yslike groot dankie aan ons familie, vriende, vreemdelinge uit die gemeenskap, besighede en werks kollegas vir al die kontant donasies, klere, kombuisware, meubels, beddens, speelgoed, komberse, gordyne, badkamer benodighede, vleis, kruideniersware en groente wat aan ons geskenk is. Baie, baie dankie Elna van Secret Saints, Chané Valentine, Johan van Rensburg, Nettie, Jacqueline Nelson, Jacques Nelson, Gert, Jaun-Dor, Rev. Christo Joubert en Yada Ministries, Amanda van Vaalpark, Alice de Jager, Lucinda van PNB, Vivian en Elloise, Billy Gilbert en Elmarie, Marie Human en Andre en Janet Human, Jan en Anna Fritz, Charlaine Quirey, Hi-Q, Jan en Charmaine Breedt, Sarona en Frans de Jongh, Marina, Johan Kruger, Charmaine Kotze, Robbie van Robbie se Bobaas Bosveld hout, Ane Combrink, Dirk en Jackie, Christine en Suzette Leasar, Marlize en Gideon, Daleen en Gregory, Madelize en Gideon van Zyl, Shaun en Sandra Kruger, Dino en Yvonne Faleschine en Dino se ouers, Richenda de Souza, Sujee’s Optometrists, Bles en Vanessa, Connie Opperman, Tannie Helga, Yolande Nelson Venter, Henrique Marques en Chrizel Du Plessis, Andrew van Rensburg van Journey Church, Randvaal Macs en al die ander Macs, Frik Roets en Overvaal, Cecilia Kruger en vriende, Milly, Petro en Dawie, AMT personeel, Marius Hattingh, Riaan Beets, Sidney en Frieda, Barend (Nightflash), Wihan (Sir Vile), Cameron (Death Preacher), Die McIntyres, Yvonne en dankie Chelsey Claassen dat julle Carel Midvaal Hospitaal toe geneem het en hom ure se wag by die staatshospitaal gespaar het. Dankie ook dat julle so mooi na hom gekyk het.
Baie dankie aan die kerke dalk nie hier genoem nie en al die ander organisasies vir die donasies.
Dankie tannie Magda en Oom Pieter Steyn vir die heel beste en lekkerste beskuit ooit.
Aan elke ouer, onderwyser, personeel lid, leerling en mnr. Marius Willemse, wie deel is van die beste skool, Laerskool Risiville – ‘n Ekstra groot dankie vir al julle donasies en ondersteuning. Ons is trotse Rissies! Dankie ook Juf. Lenae vir jou troos en baie dankie Joalta vir jou diep omgee en gereelde opcheck boodskappe.
Dalene Venter, vreeslik baie dankie vir al jou raad, bystand en hulp. Dankie ook vir Careltie se opvolg afspraak by die dokter. Ons waardeer dit so baie.
Baie, baie dankie aan Chantelle en Carina van Midvaal Apteek, julle is sterre!
‘n Spesiale dankie aan die dame wat die groot Unicorn beertjie vir Chloë gebring het. Jy het ‘n klein hartjie baie gelukkig gemaak. Gr. 9 leerlinge Monique Joubert en Chantelle – julle mooi briefies beteken baie.
Three Rivers Mica, baie dankie vir die Toolbox, Gasheater en Voucher.
Dankie David van Neofibre en ook BJ Digital Printers vir die afslag op die ongelooflike mooi canvases.
Baie dankie ook aan Chris Aucamp, ons weet jy het alles gedoen wat jy kon. Dankie ook vir jou hulp met die visse. Baie dankie Carel en sy vrou vir die tydelike huisves van ons visse.
Baie, baie dankie Karen Brandon Brazier en Ian Brazier, Gerald Lynch Macs Vaal en Drientjie Lynch en Michelle Schoeman, Jan Sally Cilliers en Shane en Annelie. Julle was en is die heeltyd daar vir ons en het met alles gehelp. Ons weet nie wat ons sonder julle sou gedoen het nie. Lief vir julle.
Baie, baie dankie Charl, Kotie Claassen Brandon, Brendon-Lee Brandon en Angelique Brandon. Ons weet julle het hulpeloos gevoel daar in PE, maar dankie vir alles wat julle wel vir ons van so vêr af kon reël. Ons mis julle en is lief vir julle.
Belinda Van Rooyen en Charon Gilbert, dankie vir die kuiertjie en bietjie lag. Ons wil ook opreg dankie sê aan almal vir elke oproep, gebed en FB boodskap van omgee, liefde of moed inpraat.
Baie dankie ook aan almal wat nie hulle name wou bekend maak nie en as daar ENIGE iemand is wat ons nie genoem het nie, is ons bitter jammer en vra om verskoning.
Vir die eerste keer in ‘n lang tydperk is ons weer trots Suid Afrikaans en super trots om deel van ‘n gemeenskap te wees wat nie twee keer dink om hul medemens in nood te help nie.
Ons het dalk baie verloor, maar net so baie gewin. Dankie liewe Here dat U deur so baie mense gewerk het om ons weer te laat besef hoe lief U ons het en hoe groot U genade is. Dankie vir elke ongelooflike mens wat U op ons pad gestuur het en dankie dat U nooit U beskermde hand van ons af gelig het nie.
Psalm 31:19 Hoe groot is U goedheid wat U oopgemaak het vir die wat U vrees; wat U gedoen het vir die wat op U vertrou voor die mensekinders!
- Carel Nelson, Chantel Nelson, Carel Nelson, Wanda Nelson, Jessé Brazier, Jannie Breedt, Annie, Cayla en Chloë Nelson.

Chantel Nelson wat die brief namens die gesin geskryf het.
