Local newsNewsNews
Lockdown-foto’s sal voortaan ook op koerantblaaie pryk
Behalwe vir die goeie nuus dat SA van Junie na Vlak 3 oorskuif, is daar ook die goeie nuus dat Vaalweekblad ook weer vanaf Junie in gewilde, tradisionele gedrukte weergawe terug op die rak sal wees. Die eerste uitgawe verskyn Woensdag, 3 Junie. Die ekstra goeie nuus vir "lockdown-fotograwe" is dat die treffendste en geskikste foto's vir "print media" voortaan uit die week se oes gekies sal word, en dan ook in Vaalweekblad gepubliseer sal word!
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.


















At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
