28 Mei: 68 Covid-19 gevalle in Sedibeng
Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het nou 68 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 25 van die pasiënte gelukkig reeds herstel het. Dus is daar in totaal steeds 43 aktiewe gevalle.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 39 (waarvan 19 herstel het), Midvaal 9 (waarvan 3 herstel het) en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 8 waarvan 3 herstel het. Daar is ook 12 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.
Daar is in totaal reeds 3 167 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 1 993 herstel het en 31 gesterf het. Daar is dus nog 1 174 aktiewe gevalle. ‘n Totaal van 118 pasiënte wat ernstige simptome ondervind word in staats- en privaat-hospitale behandel. Lesers moet asb. kennis neem dat nie alle pasiënte noodwendig in hospitale opgeneem word vir behandeling nie.
Die streke in Gauteng sien so daaruit:
Johannesburg – 1 496 (1 149 herstel) = 347 aktiewe gevalle
Ekurhuleni – 667 (481 herstel) = 186 aktiewe gevalle
Tshwane – 420 (280 herstel) = 140 aktiewe gevalle
Wes Rand – 290 (58 herstel) = 232 aktiewe gevalle
Sedibeng – 68 (25 herstel) = 43 aktiewe gevalle
Nog nie toegeken aan spesifieke streek – 226
