Die temperatuur mag dalk gedaal het, maar ons "lockdown-fotograwe" se geesdrif om mooi foto's te neem het beslis nie. Die koue kan maar kom ... foto's sal daar geneem word!
Magdalena Peacock van Vanderbijlpark het hierdie pragtige foto geneem. Dit vertel behoorlik 'n storie.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Vaalweekblad is ook weer vanaf Junie in gedrukte weergawe terug op die rak. Die eerste uitgawe verskyn Woensdag, 3 Junie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” sal dus ook voortaan in Vaalweekblad gepubliseer sal word!
Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
Die 13 jarige Katelyn Bentley van Boksburg het hierdie pragtige natuurfoto geneem. Dit is vir Vaalweeklad verblydend om te sien dat daar ‘n paar juniors is wat ‘n liefde vir fotografie het – hou aan om jul talente te ontwikkel!Shane du Preez van Falconridge in Vereeniging is in Graad 7 en het die mooi foto met sonsondergang geneem. Pragtig Shane!Bennie Henning van Germiston het die mooi foto van die Kakelaars in sy tuin geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die kleurryke natuurfoto geneem. Voel amper of dit weer somer is.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi tekstuur van die hout en die handvatsel van metaal in monochroom vasgevang.Pierrie Fourie van Vanderbijlpark het die treffende kunsfoto ingestuur met die boodskap: As ek nie kan gaan hengel nie, dan gebruik ek maar my verbeelding.Amanda Vermeulen van Kempton Park het ook ‘n oog vir die natuur en het die mooi foto in haar tuin geneem.Hester van Drie Riviere in Vereeniging het ‘n foto van haar oulike hamster, Ruben geneem. Ruben word glo lekker bederf, hier smul hy aan ‘n stukkie kaas. Anita Bester van Kempton Park het die kunstige makro foto geneem en in monochroom verwerk. Dricky Gouws van Vanderbijlpark het toegang tot feëtjieland gekry om die skattige foto te neem.Eileen Pretorius van Alberton het die pragtige kersligfoto geneem. Dit gee mens sommer ‘n warm gevoel van hoop.Esna Kruger van Vanderbijlpark het die mooi foto van ‘n gevriesde voëlbad geneem.Hanti Pretorius van Vereeniging het nog ‘n mooi foto van ‘n roos ingestuur.Elize Verwey van Sasolburg het die mooi sonsondergang en weerkaatsing oor die Vaalrivier afgeneem.Vesigtig nou, die appel mag dalk giftig wees! Hennie Coetsee van Meyerton het die besondere foto geneem.Karin Cronjé van Standerton se liefde vir die natuur sorg dat ons elke dag met mooi natuurfoto’s bederf word.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die unieke sonsondergang foto geneem.Die kunstige Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die pragtige monochroom foto opgedis. “Is dit net ek of wil ander ook daaraan lek?”.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za