Local newsNewsNews

29 Mei: Sedibeng het nou 75 Covid-19 gevalle

Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het nou 75 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 25 van die pasiënte gelukkig reeds herstel het. Dus is daar in totaal steeds 50 aktiewe gevalle.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 46 (waarvan 19 herstel het), Midvaal 9 (waarvan 3 herstel het) en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 8 waarvan 3 herstel het. Daar is ook 12 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.

Daar is in totaal  reeds 3 329 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 2 019 herstel het en 31 gesterf het. Daar is dus nog 1 310 aktiewe gevalle. ‘n Totaal van 203 pasiënte wat ernstige simptome ondervind word in staats- en privaat-hospitale behandel. Lesers moet asb. kennis neem dat nie alle pasiënte noodwendig in hospitale opgeneem word vir behandeling nie.

Die streke in Gauteng sien so daaruit:

Johannesburg – 1 556 (1 152 herstel) = 404 aktiewe gevalle

Ekurhuleni – 693 (495 herstel) = 198 aktiewe gevalle

Tshwane – 436 (289 herstel) = 147 aktiewe gevalle

Wes Rand – 306 (58 herstel) = 248 aktiewe gevalle

Sedibeng – 75 (25 herstel) = 50 aktiewe gevalle

Nog nie toegeken aan spesifieke streek – 226

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button