Local newsNewsNews

Lockdown-fotograwe stel nie telleur!

Dag na dag ontvang Vaalweekblad puik foto's wat deur die lockdown-fotograwe ingestuur word, en elke dag is dit 'n plesier om hierdie foto's met ons lesers te kan deel. Dankie vir jul volgehoue passie ... "please keep on clicking".

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad is ook weer vanaf Junie in gedrukte weergawe terug op die rak. Die eerste uitgawe verskyn Woensdag, 3 Junie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” sal dus ook voortaan op ‘n weeklikse basis in  Vaalweekblad gepubliseer word!

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Marie Morton van Durban het hierdie pragtige foto sommer in haar blomtuin geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Natasja Kruger van Vereeniging het met ornamente in haar woning die mooi foto bewerkstellig.
    Nico Potgieter van Vanderbijlpark het ook sy kreatiewe talente ingespan om die mooi foto te kry.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto tydens ‘n oggend-uitstappie raakgesien en vasgevang.
    Graad 7-leerling Shane du Preez van Falconridge, Vereeniging het die mooi foto geneem. Shane is tans die jongste lid van lockdown-fotograwe.
    Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi landskapfoto geneem van die mis oor die Vaalrivier.
    Amanda Vermeulen van Kempton Park het hierdie mooi natuurfoto in haar tuin geneem.
    Anita Bester van Kempton Park het hierdie kunstige foto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Bennie Henning van Germiston is gelukkig vir ons “met die maan gepla”. Pragtige foto Bennie.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie mooi helderkleurige foto ingestuur. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning).
    Frik Müller van Vanderbijlpark het hierdie interessante foto in Roodstuine geneem.
    Eileen Pretorius van Alberton het hierdie puik makro foto geneem.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het die beste van beurtkrag gemaak en die pragtige stillewe opgestel en afgeneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het hierdie uitstekende makro foto geneem. Hy is voorwaar ‘n meester van makro fotografie.
    Karin Cronjé van Standerton het hierdie prag-natuur foto geneem.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg het ook vir ‘n pragtige natuurfoto gesorg.
    Die natuurfoto in monochroom is deur Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark geneem.

     

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button