30 Mei: 92 Covid-19 gevalle in Sedibeng
Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het nou 92 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 25 van die pasiënte gelukkig reeds herstel het. Dus is daar in totaal steeds 67 aktiewe gevalle.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 56 (waarvan 19 herstel het), Midvaal 14 (waarvan 3 herstel het) en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 8 waarvan 3 herstel het. Daar is ook 14 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.
Daar is in totaal reeds 3 583 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 2 035 herstel het en 31 gesterf het. Daar is dus nog 1 548 aktiewe gevalle. ‘n Totaal van 332 pasiënte wat ernstige simptome ondervind word in staats- en privaat-hospitale behandel. Lesers moet asb. kennis neem dat nie alle pasiënte noodwendig in hospitale opgeneem word vir behandeling nie.
Die streke in Gauteng sien so daaruit:
Johannesburg – 1 667 (1 167 herstel) = 500 aktiewe gevalle
Ekurhuleni – 732 (495 herstel) = 237 aktiewe gevalle
Tshwane – 457 (289 herstel) = 168 aktiewe gevalle
Wes Rand – 312 (59 herstel) = 253 aktiewe gevalle
Sedibeng – 92 (25 herstel) = 67 aktiewe gevalle
Nog nie toegeken aan spesifieke streek – 323
