Lockdown-fotograwe kan jou dalk inspireer
Dis naweek en as jy niks het om te doen nie, neem dan maar 'n paar mooi foto's! Hier is van die pragtige foto's wat deur die "lockdown-fotograwe" geneem is. Miskien gee dit jou inspirasie om ook die mooi rondom jou raak te sien en af te neem.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Vaalweekblad is ook weer vanaf Junie in gedrukte weergawe terug op die rak. Die eerste uitgawe verskyn Woensdag, 3 Junie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” sal dus ook voortaan op ‘n weeklikse basis in Vaalweekblad gepubliseer word!
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Baby Bezuidenhout van Vanderbijlpark het hierdie besondere foto geneem. 
Bennie Henning van Germiston het hierdie oulike Kakelaar in sy tuin afgeneem. 
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie skattige foto geneem. 
Hennie Coetsee het die mooi foto geneem. Hennie sê was die eerste keer dat hy ‘n Glasogie in my tuin gewaar het. 
Eileen Pretorius van Alberton het hierdie “dromerige” natuurfoto geneem. Pragtig en sag op die oog! 
Hanti Pretorius van Vereeniging het ook op die prag van die natuur gefokus. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het gewys dat blomme net so mooi in monochroom ook kan wees. 
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi geveerde vriendjie afgeneem. 
Karin Cronjé van Standerton het die mooi natuurfoto geneem. 
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die Kiewiet afgeneem. 
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi landskapfoto met sonstrale geneem. 
Bennie Nel van Vanderbijlpark het die interessante foto geneem. 
Manie Koekmoer van Vanderbijlpark het die natuurfoto geneem. (Die program het die foto afgesny, Vaalweekblad vra verskoning). 
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die mooi foto net voor die inperking op ‘n plaas in Oranjeville geneem. 
Ria Viljoen se kunstenaarsoog het die rooi van die Bottle Brush teen die groen blare bespeur. 
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die pragtige monocrhoom foto bewerkstellig. 
Albertus Kriel van Vereeniging het die heldergeel blommetjie kunstig vasgevang. 
Alecia Barnard van Vanderbijlpark het die mooi makro foto geneem. 
Amanda Vermeulen het ook haar kreatiewe sy vlerke gegee met die foto.
