Fotograwe fokus vandag op kinders en diere
Daar is niks so lekker as om 'n mooi foto van 'n geliefde te neem nie. Vandag fokus die "lockdown-fotograwe" op geliefdes (en dit sluit natuurlik diere in want hulle is ook deel van die gesin).
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Daar is ook nou fotograwe wat die voorreg het om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Vaalweekblad is ook weer vanaf Junie in gedrukte weergawe terug op die rak. Die eerste uitgawe verskyn Woensdag, 3 Junie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” sal dus ook voortaan op ‘n weeklikse basis in Vaalweekblad gepubliseer word!
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Anita Bester van Kempton Park het die mooi foto geneem. Kyk net daardie kyk in die oog. 
Elize Verwey van Sasolburg het hierdie mooi foto van haar Scottish Terrier geneem wat oor die Vaalrivier uitkyk. 
Tanya Barnard van Vanderbijlpark se Titus is 13 jaar oud. 
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het hierdie mooi foto van haar kleinkind geneem. 
Eileen Pretorius van Alberton het hierdie foto van Seun geneem nadat hy gaan stap en toe lekker gerus het. 
Bennie Henning van Germiston het hierdie pragtige foto geneem. 
Zinta Taljaard van Vanderbijlpark het hierdie besondere foto van haar dogter geneem. 
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. 
Eileen Pretorius van Alberton het die kunstige foto van ‘n geliefde viervoet geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto van ‘n jong katjie geneem. 
Lyn Csongradi van Vereeniging het die mooi foto van haar “cute” Chloë geneem. 
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die oulike foto geneem. 
Karien Booysen van Vanderbijlpark het die oulike foto van ‘n donkie geneem. 
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto in sy tuin geneem. Geveerde vriende is altyd in sy tuin welkom. 
Anne Adelson van Secunda het die foto tydens ‘n besoek aan die wildtuin geneem.
