Local newsNewsNews

1 Junie: Sedibeng het nou 97 Covid-19 gevalle

Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het nou 97 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 28 van die pasiënte gelukkig reeds herstel het. Dus is daar in totaal steeds 69 aktiewe gevalle.

Die gevalle in Sedibeng is: Emfuleni 60 (waarvan 19 herstel het), Midvaal 16 (waarvan 3 herstel het) en Lesedi (wat die Heidelberg-omgewing is) het 8 waarvan 6 herstel het. Daar is ook 13 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.

Daar is in totaal  reeds 4 003 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 2 114 herstel het en 33 gesterf het. Daar is dus nog 1 889 aktiewe gevalle. ‘n Totaal van 206 pasiënte wat ernstige simptome ondervind word in staats- en privaat-hospitale behandel. Lesers moet asb. kennis neem dat nie alle pasiënte noodwendig in hospitale opgeneem word vir behandeling nie.

Die streke in Gauteng sien so daaruit:

Johannesburg – 1 856 (1 210 herstel) = 646 aktiewe gevalle

Ekurhuleni – 825 (516 herstel) = 309 aktiewe gevalle

Tshwane – 491 (301 herstel) = 190 aktiewe gevalle

Wes Rand – 346 (59 herstel) = 287 aktiewe gevalle

Sedibeng – 97 (28 herstel) = 69 aktiewe gevalle

Nog nie toegeken aan spesifieke streek – 388

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button