Local newsNewsNews

Junie met puik foto’s verwelkom

Die "lockdown-fotograwe" het die nuwe week en maand met puik foto's afgeskop. Vaalweekblad deel dit met trots met ons lesers.

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het besluit om die beste van die inperking te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe ht nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Vaalweekblad is die week terug op die rak! Die eerste uitgawe verskyn Woensdag, 3 Junie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” sal dus ook voortaan op ‘n weeklikse basis in  Vaalweekblad gepubliseer word!

  • Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.
    Bennie Henning van Germiston het die prag-natuurfoto geneem.
    Chris Barnard van Vanderbijlpark het op die natuur “ingezoom”.
    Dricky Gouws van Vanderbijlpark het haar kuns- en verwerkingtalent ingespan vir dié foto.
    Eileen Pretorius van Alberton het die mooi foto geneem.
    Christa Coetzee van Vaalpark het die prag-foto van dié bolletjie liefde geneem.
    Hanti Pretorius van Vereeniging het ook haar kreatiewe talente vlerke gegee en die mooi foto geneem.
    Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van ‘n alledaagse duif in sy tuin geneem.
    Theresa Jones van Parys het die mooi foto tydens ‘n oggend-uitstappie met haar hondjie by Salingnapark (Parys) geneem.
    Huibrecht Henning het die mooi foto van sy kleindogter, Larissa, op hul plaas in Henley-on-Klip geneem.
    Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto van ‘n vlinder geneem.
    Karien Booysen van Vanderbijlpark het die mooi toneel van die perde in die veld afgeneem.
    Winter is hier! Karin Cronjé van Standerton het die mooi natuurfoto geneem.
    Kirsty Jacobs van Sasolburg is baie kreatief agter die kamera en het die mooi foto geneem.
    Marie Morton van Durban het die pragtige foto geneem. Sien julle ook die hartjie daar tussen die wolke?
    Pierre Fourie van Vanderbijlpark het hierdie stillewe opgestel en afgeneem.
    Ria Viljoen van Garsfontein het die prag-foto geneem. Mens wil sommer die pad vat!
    Amanda Vermeulen het die kunstige foto geneem van die son wat deur ‘n venster geskyn en die helder kleure te voorskyn gebring het.
    André Jordaan van Vanderbijlpark het die mooi silhouette foto met prag-wolke geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button