Gerugte oor opheffing van sigaretverbod skynbaar vals nuus
Rokers se blydskap van korte duur

OPDATERING:
JAMMER ROKERS, ONS HET DIE GERUG ONDERSOEK EN DIT BLYK DAT DIE INLIGTING WAT OP SOMMIGE SOSIALE MEDIAPLATFORMS VERSPREI WORD, NIE WAAR IS NIE.
OORSPRONKLIKE PLASING:
Vaalweekblad het pas verneem dat die verbod op die verkoop van sigarette in Vlak 3 van die inperking moontlik op Vrydag, 5 Junie, opgehef gaan word. Dit is volgens tweets op Twitter en Facebook-plasings wat nog nie geverifieer is nie. In hierdie stadium is dit dalk net ‘n vals gerug wat op sosiale media versprei word, dus moet rokers nie te gou bly word nie!
Ons sal vasstel wat die ware toedrag van sake is en so gou as moontlik terugvoer gee.
Let Wel: Dit is tans net ‘n ONBEVESTIGDE gerug. Vaalweekblad gaan uitvind en julle so gou as moontlik laat weet.
