VANDERBIJLPARK. – Indien daar enige twyfel in ouers se gemoed was om hulle kinders terug skool toe te stuur, kan die ouers van die Laerskool Eligwa vannaand rustig slaap. Die skool is skoon, veilig en slaggereed om voort te gaan. Die skool het vandag sy Gr.7-leerlinge terug verwelkom na nege weke se afwesigheid weens die …
'n Leerling se temperatuur word geneem, voordat hy by die Laerskool Eligwa se hekke ingaan. Foto: Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK. – Indien daar enige twyfel in ouers se gemoed was om hulle kinders terug skool toe te stuur, kan die ouers van die Laerskool Eligwa vannaand rustig slaap. Die skool is skoon, veilig en slaggereed om voort te gaan.
Die skool het vandag sy Gr.7-leerlinge terug verwelkom na nege weke se afwesigheid weens die wêreldwye uitbreek van Covid-19. Hoewel die kindergesiggies aanvanklik verward en bekommerd gelyk het, het dit later soos mis voor die son verdwyn. Volgens mnr. Benni Boshoff, hoof van die skool, is daar besluit om ‘n orienteringsessie te hou voordat die akademiese jaar Maandag amptelik hervat word. Die Gr.7’s se temperatuur is met hul aankoms deur personeel gemeet en hulle hande is gesanitiseer, voordat hulle in die skoolsaal deur mnr. Boshoff toegespreek is.
Hoewel die leerlinge grootoog gesit en rondkyk het, het die atmosfeer vinnig verander. Tussendeur al die reëls en regulasies was daar ook tyd om te lag. Sosiale afstand is die nuwe norm, maar soos enigiets sal dit ‘n rukkie neem om daaraan gewoond te raak. Welkom by die normaal.
Die Laerskool Eligwa het Vrydag 5 Junie hulle Gr.7-leerlinge terugverwelkom. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Nuwe klas, nuwe uitdaging. Leerlinge staan en wag om na hulle nuwe register klas te gaa.
Eligwa Primary School welcomed their Grade 7 pupils back on Friday 5 June. Photo: Ettienne van Rensburg
‘n Leerling se hande word gesanitiseer voordat sy by die skool se terrein ingaan.
‘n Leerling se hande word gesanitiseer voordat Hy by die skool se terrein ingaan.
Graad7-leerling van die Laerskool Eligwa sit aandagtig en luister tydens die oriëntering sessie in die skoolsaal.
‘n Leerling se temperatuur word geneem, voordat hy by die Laerskool Eligwa se hekke ingaan.
‘n Plakkaat teen die skoolsaal se deur getuig van die nuwe tye waarin ons, onsself bevind.
‘n Leerling se temperatuur word geneem.
Nuwe klas, nuwe uitdaging. Leerlinge staan en wag om na hulle nuwe register klas te gaa.
‘n Leerling se temperatuur word geneem, voordat hy by die Laerskool Eligwa se hekke ingaan. Foto: Ettienne van Rensburg
Veiligheid eerste. Gesigskerms en maskers was aan die orde van die dag.
Nuwe klas, nuwe uitdaging. Leerlinge staan en wag om na hulle nuwe register klas te gaa.
Veiligheid eerste. Gesigskerms en maskers was aan die orde van die dag.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za