Local newsNewsNews
8 Junie: 135 Covid-19 gevalle in Sedibeng
Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het nou 135 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 37 van die pasiënte reeds herstel het. Dus is daar in totaal steeds 98 aktiewe gevalle.

Die gevalle in Sedibeng is:
Emfuleni 90 (waarvan 28 herstel het) = 62 aktiewe gevalle
Midvaal 18 (waarvan 4 herstel het) = 14 aktiewe gevalle
Lesedi/Heidelberg-streek 14 (waarvan 5 herstel het) = 9 aktiewe gevalle
Daar is ook 13 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.
- Daar is in totaal reeds 5 946 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 2 524 herstel het en 47 gesterf het. Daar is 505 lyers wat ernstige simptome het en in hospitale en klinieke behandel word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
