Local newsNewsNews
Bejaarde egpaar sterk saam aan na huis afbrand
VANDERBIJLPARK. - Die bejaarde egpaar van die dorp wie se huis verlede week afgebrand het, Chrissie Ueckermann (81) en haar man Jan (93), word albei steeds in Emfuleni Mediclinic behandel. Tannie Chrissie is darem uit die intensiewe sorgeenheid ontslaan en hulle sterk nou saam in een kamer aan.
Die egpaar het amper 70 jaar in dieselfde huis in Siemensstraat, CW3 gewoon. Hulle het reeds voorheen in hul lewe deur diep waters gegaan – hulle was destyds (2001) op die vlot wat op die Vaalrivier omgeslaan het. Hulle het dié tragedie oorleef, maar heelwat van hul vriende het gesterf.
- Volledige berig en onderhoud met hul dogter verskyn in Woensdag se Vaalweekblad.

Tannie Chrissie en om Jan Euckermann van Vanderbijlpark.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
