Local newsNewsNews
9 Junie: 137 Covid-19 gevalle in Sedibeng
Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) het nou 137 geregistreerde Covid-19 gevalle, waarvan 37 van die pasiënte reeds herstel het. Dus is daar in totaal steeds 100 aktiewe gevalle.

Die gevalle in Sedibeng is:
Emfuleni 92 (waarvan 28 herstel het) = 64 aktiewe gevalle
Midvaal 18 (waarvan 4 herstel het) = 14 aktiewe gevalle
Lesedi/Heidelberg-streek 14 (waarvan 5 herstel het) = 9 aktiewe gevalle
Daar is ook 13 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.
- Daar is in totaal reeds 6 258 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 2 575 herstel het en 47 gesterf het. Daar is 511 pasiënte wat ernstige simptome het en in hospitale en klinieke behandel word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
