NewsNews
Covid-19 statistiek: Gevalle en sterftes neem steeds toe
Dit wil voorkom of daar steeds geen keer aan die pandemie is nie. Behalwe vir Nieu-Seeland wat tans geen Covid-19 geval op rekord het nie, trek al die ander groot lande steeds baie swaar. Die wêreldwye Covid-19 gevalle staan reeds op 7 232 357, waarvan 409 438 pasiënte gesterf het en 3 562 286 herstel het. Hierdie getalle kan deur die loop van die dag verander wanneer al die lande hul nuutste statistieke aan die World Health Organization deurgee.

Daar is tans 213 lande wat gebuk gaan onder die virus. Die 10 lande wat die hoogste aantal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (SA is tans 22ste op die lys met 50 879 gevalle)
- Die VSA het die meeste lyers – 2 027 438 (gister 2 008 266) gevalle en 113 125 sterftes (gister – 112 477). ‘n Totaal van 773 510 het tot dusver herstel.
- Brasilië – 711 696 (gister 691 962) en die derde hoogste sterftesyfer van 37 359.
- Rusland – 485 253 (gister 476 658) en 6 142 sterftes.
- Spanje – 288 797 (gister 288 630) en 27 136 sterftes.
- Die Verenigde Koninkryk – 287 399 (gister 286 194) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 40 597.
- Indië – 268 139 (gister 258 090) en 7 487 sterftes.
- Italië – 235 278 (gister 234 998) en 33 964 sterftes.
- Peru – 199 696 (gister 196 515) en 5 571 sterftes.
- Duitsland – 186 284 (gister 185 869) en 8 802 sterftes.
- Iran – 175 97 (gister 173 832) en 8 425 sterftes.
- (China waar die oorsprong van Covid-19 was het tans 83 043 en vir ‘n geruime tyd staan hul sterftesyfer stil op 4 634. Daar is glo nog net 58 aktiewe gevalle in die land).
- (Inligting bron: Covid Information Center)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
