Witwarm krieket tussen Valia en Hoekies
Ten spyte van die versengende hitte het die stryd tussen Transvalia en Driehoek se eerstespanne goeie krieket gelewer.
VANDERBIJLPARK – Die eerstekrieketspanne van die Hoërskool Driehoek en Transvalia het mekaar Saterdag die stryd aangesê op Driehoek se krieketvelde.
Die Hoekies het eerste gekolf en het 193/7 in 50 boulbeurte geslaan. Transvalia het daarna skitterend gekolf en het die verlangde lopies binne 40 boulbeurte gekry. Transvalia wen met drie paaltjies en verdien ʼn bonuspunt.

Ashton Cachia is as speler van die wedstryd aangewys nadat hy 55 (89) balle geslaan het en ook goeie werk as paaltjiewagter gedoen het..
Transvalia se eerstespan het tweede geëindig op die puntetabel wat beteken hul sal teen Hoërskool Dr Malan te staan kom in die Vaaldriehoek Skole-finaal.

