Diep en donker foto’s vir Dinsdag
Die "lockdown-fotograwe" het 'n diep en donker fotoversameling vir 'n Dinsdag opgedis.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die eerste groep foto’s van die lockdown-fotograwe het reeds in 3 Junie se uitgawe van Vaalweekblad verskyn. Die tweede groep verskyn môre 10 Junie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” sal voortaan op ‘n weeklikse basis in Vaalweekblad gepubliseer word!
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Ria Viljoen van Garsfontein het die straattoneel bespeur tydens ‘n oggenduitstapie en die mooi foto geneem. 
Rozan Koen van Vaalpark het die kreatiewe foto geneem. 
Shane du Preez (Graad 7) van Vereeniging het homself besig gehou en die mooi foto geneem toe die krag af was in die woonbuurt. 
Anita Bester van Kempton Park het die moderne foto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Bennie Henning van Germiston het die mooi toneel met sonsondergang afgeneem. 
Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, het die pragtige natuurfoto in ‘n park in haar nuwe tuiste (Abbotsford, Kanada) geneem. 
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto van Leo, een van haar vier katte, geneem. 
Eileen Pretorius van Alberton het die mooi kersligfoto geneem. Kan julle die oulike glimlag op die foto sien? 
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi herfsfoto geneem. (Die program het die foto effens afgesny. Vaalweekblad vra verskoning). 
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Daar is nie een vrot appel in dié mandjie nie! 
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die kunstige natuurfoto geneem. 
Karin Cronjé van Standerton het die natuurfoto tydens ‘n uitstappie geneem. 
Jenny Botes van Vanderbijlpark het die foto van ‘n suikerbekkie geneem. 
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto van die maan geneem. 
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi “lockdown” sonsondergang foto geneem. 
Monica Warren van Richardsbaai het die pragtige nagfoto geneem. 
Die kunstige Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die mooi monochroom foto geneem. 
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die mooi foto naby Parys geneem.
