Local newsNewsNews
10 Junie: Eerste Covid-19 sterfte in Sedibeng
Die Sedibeng-streek (ou Vaaldriehoek) se eerste Covid-19 sterfte is geregistreer na 'n inwoner van 'n ouetehuis glo gister in Sebokeng oorlede is. Daar is tans 139 geregistreerde Covid-19 gevalle, wat nou een sterfte en 44 pasiënte insluit wat reeds herstel het.

Die gevalle in Sedibeng is:
Emfuleni 94 (waarvan 28 herstel het) = 66 aktiewe gevalle
Midvaal 18 (waarvan 11 herstel het) = 7 aktiewe gevalle
Lesedi/Heidelberg-streek 14 (waarvan 5 herstel het) = 9 aktiewe gevalle
Daar is ook 13 gevalle wat nog nie aan een van die spesifieke streke binne die gebied toegeken is nie. Daar is nie bekend gemaak uit watter dorpe die bevestigde gevalle is nie.
- Daar is in totaal reeds 6 546 Covid-19 gevalle in Gauteng geregistreer, waarvan 2 825 herstel het en 57 gesterf het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
